Stuff, Anything & Everything : Skoene wat ruik...stink skoene of is

Share your experience in this category Local Businesses in this Category

Skoene wat ruik...stink skoene of is

0 Up down dit dalk stink voete....? Ek het die wonderlikste paar leer sandale, maar as dit so warm is en die voete sweet bietjie, kom daar soms 'n paar "sout-suur" klankies deur.... Ek weet daar is raad v Rating: 0 out of 100 0
Posted by:Harley Rating 29 29 `Influencer`

dit dalk stink voete....?

Ek het die wonderlikste paar leer sandale, maar as dit so warm is en die voete sweet bietjie, kom daar soms 'n paar "sout-suur" klankies deur....

Ek weet daar is raad vir leer wat sweterig ruik...praat nou nie van persoonlike higiëne nie en ook nie om die sandale buite in die wind en son te laat staan of gereeld af te vee nie...maar iewers, eendag het ek gehoor dat daar raad is teen leerskoene wat "stink"...

Mens het mos 'n klomp skoene in jou kas en dan een gunsteling paar...in die Winter is ek mal oor stewels, maar my Somer leer sandale bly maar 'n gunsteling....

En dan aan die Koningin...baie geluk!


(2699 Views)

Respond Share Report Abuse

Official Business Replies (0) ←

You need to be logged in as a business with a valid E-Lert account to make an official business response.

How to become an official business

User Responses

Theunsie

Dit het my

0 Up down
Posted by: Theunsie Rating 1 1 `Blogger`

oorgekom so hele paar jaar terug! Ek het die smartste tekkies oppie blok gehad. Besluit toe die dag ek gaan hulle bietjie was....FOUTJIE!!! Dis toe nog effe klam toe ek dit aantrek - hoekom weet g'n gees nie maar anyway!!! Ek sit nog so en werk en begin die reukie vang!!!! Mense daai dag moes ek mos nou die hele kantoor volloop en nog met die baas 'n geselsie aanknoop!

Skepsel

Stink skoene

0 Up down
Posted by: Skepsel Rating 17 17 `Helper`

Ek het so paar van hierdie plêstiek vlooimark ontwerpers plakkies gehad, so vir in die tuin, die modder en die water en by die huis rond. Mensig, het die goed gevrot. Ek het amper reg agteroor geslaan toe ek die goed uit trek en die klank slaan my tussen die oë. Gelukkig het ek gesit toe ek die goed uit trek. Dit was sommer reguit asblik toe met my R25 specials, nadat ek dit stewig in 'n plasitek sak verseël het. Harley, het jy al 'n wasgoedpennetjie op jou neus probeer? ;-)

Harley

Wasgoedpennetjie

0 Up down
Posted by: Harley Rating 29 29 `Influencer`

sal werk - dis die goedkoopste opsie...?

marguerete06

Spirits

0 Up down
Posted by: marguerete06 Rating 23 23 `Helper`

Ek is mos n ou Kypie - (afi Kaap).

Nou ja, spirits so deur n sny brood, was n bloutrein genoem.

Maar blykbaar help dit ook as jy spirits met n skoon lappie binne die skoene uitvee.

Green Cross verkoop ook n middel vir skoene met klankie.

Wat sê Klitty - het sy nie ook n plan nie ?

Respond

We have three rules - please follow them, please respect them.

  1. Don't Advertise: businesses can talk to consumers, but not blatantly self-promote
  2. Be Nice: if you have a complaint, provide feedback to the business on how they can improve
  3. Comments considered defamatory will be removed

Please read our Terms & Conditions for more details on site policy.



WOMF
Give your Opinion Now
Active Users on line: 1735