Stuff, Anything & Everything : Melktert resep...

Share your experience in this category Local Businesses in this Category

Melktert resep...

0 Up down Ek wil graag vir my Oom, wie se vrou medies ongeneeslik siek is aan kanker, 'n melktert resep stuur...hulle bly nie in Suid-Afrika nie en ek dink hulle het lanklaas so iets geëet... As jy dink j Rating: 0 out of 100 0
Posted by:Harley Rating 30 30 `Influencer`

Ek wil graag vir my Oom, wie se vrou medies ongeneeslik siek is aan kanker, 'n melktert resep stuur...hulle bly nie in Suid-Afrika nie en ek dink hulle het lanklaas so iets geëet...

As jy dink jou melktert resep is maklik om te maak en 'n treffer, deel dit asb. met my...

(4166 Views)

Respond Share Report Abuse

Official Business Replies (0) ←

You need to be logged in as a business with a valid E-Lert account to make an official business response.

How to become an official business

User Responses

Skepsel

Sal vir

0 Up down
Posted by: Skepsel Rating 17 17 `Helper`

LInda3 vra om een vir jou te womf. Sy kan die lekkerste melktert maak, sommer vinnig ook.

Nina-2

Melktert

0 Up down
Posted by: Nina-2 Rating 18 18 `Helper`

Dis nou die een ding wat ek NIE kan maak nie!
Myne kom elke liewe keer 'n papperysel uit!
So ek wil maar nie my resepte deel nie... Ons wil immers hê jou oom s'n moet 'n sukses wees, ne!
Sterkte vir jou oom en tannie.

marguerete06

Oi !

0 Up down
Posted by: marguerete06 Rating 23 23 `Helper`

Toe ek n jong getroude vroutjie was..maak my man die fout om n voorstel te maak dat ek sy ma vra hoe om melktert te maak. My antwoord was; " Maar jy het nog nie MY melktert geproe nie!" Hy was baie opgewonde om dit te hoor..maar tot vandag toe het niemand nog my melktert geproe nie...weier om dit te maak !

Harley

Nee aarde

0 Up down
Posted by: Harley Rating 30 30 `Influencer`

en dan loop ek met my kop onder die grond omdat ek hopeloos in die kombuis is...

Dankie Skepsel, ek sal graag by Linda haar resep kry...dalk kan Nina dit oor die naweek maak en haar selfbeeld verbeter...(Nina, wag tot jy sien hoe my ommelette lyk...dink jou melktert lyk beter)...

Marg, ek is nie verbaas nie...seker jy het baie beter te doen as om tert te bak...maar as niemand nog jou tert geproe het nie, moet jy dalk maar 'n plan maak...of is jy beter met koeke?

marguerete06

Deeg

0 Up down
Posted by: marguerete06 Rating 23 23 `Helper`

Nee, ek hou van bak en brou..kos maak is baie lekkerder as terte en koeke. So, ek is n "deeg".

Linda3

Harley

0 Up down
Posted by: Linda3 Rating 0 0 `Blogger`

Ek het wragtig 'n baie maklike en bekostigbare resep. Gee my asb net gou kans dan kry ek hom en post vir jou.
L3

Respond

We have three rules - please follow them, please respect them.

  1. Don't Advertise: businesses can talk to consumers, but not blatantly self-promote
  2. Be Nice: if you have a complaint, provide feedback to the business on how they can improve
  3. Comments considered defamatory will be removed

Please read our Terms & Conditions for more details on site policy.



WOMF
Give your Opinion Now
Active Users on line: 1510