Category: Community Calendar (Back to category)

WOMF Rating:

Piet van Wyk de Vries & Andre G Nel 19 Junie

Twee fantastiese sangers in EEN SHOW!!! Dis iets wat nie misgeloop kan word nie!!! Om dié twee mense saam te sien sing gebeur nie gereeld in Bloemfontein nie. Hulle tree 19 Junie 2009 op by die Aasvoël Klub in Bloemfontein. Kaartjies is slegs R55-00. Ete kaartjies ook beskikbaar teen R35-00 p/persoon en daar is 'n kontantkroeg. Skakel 082 553 6713 vir meer besonderhede of email kaartjies@gmail.com vir besprekings. Vir groepbesprekings van 8 of meer is die kaartjies slegs R50-00 elk. Beperkte sitplekke beskikbaar, so bespreek gou om teleurstelling te voorkom.

Piet is seker mees bekend vir sy liedjie 'Madelein, Madelein' en André vir 'Jy't my naam vergeet'. Piet se nuutste musiek video het tans op MK89 sy debuut gemaak. Besoek www.vanwykdevries.co.za en www.andregnel.com vir meer inligting oor die twee kunstenaars.

Respond Share This Posted 4 May 2009 (1588 Views)
Nektar

Rank 6

Oops! This link appears broken.

Dit is die boodskap wat ek kry as ek na beide die "links" bo gegee probeer gaan.
En nou??

Posted 4 May 2009 by Nektar

LeoGirl33

Rank 4.5

Oeps!!

Ek het biki deurmekaar geraak met my ".co.za's " en ".com's". Jammer jong!!!

Probeer www.vanwykdevries.com of www.andregnel.co.za

Hoop jy kom reg en hoop ons sien julle by die show. Dit gaan great wees.

Groete

Posted 4 May 2009 by LeoGirl33

Respond

We have two main rules - please follow them, please respect them.

  1. Don't advertise
  2. Don't use defamatory comments

Please read our Terms & Conditions for more details on site policy.


Version: Weasles Ripped My Flesh
xTime: 0.0401
Users Online: 3111
x2: 1564.88 | 1579.16 Host ID: H5A8C-B97D13-094B11C30E Afrigator