Category: Website Design (Back to category)

WOMF Rating:

Web Designers of "Web Designers" aka noobs???

Hi almal!

DIt was nou net die laaste keer en ek kan dit nie meer hanteer nie so ek wil dit nou daar uit kry vir almal om te sien want ek hoop dit help iemand om die regte besluit te maak. Eestens gaan ek nie eers my naam of my company se naam hie by voeg nie want dit is nie vir advertensie doeleindes nie...

Net n paar basic goedjies oor web design...

1 Joomla "Designers" is meestal nie web designers nie en daie hardseer ding is hulle gee al ons regte web designers n slegte naam. Moet my nie verkeerd verstaan nie as jy kan php doen en jy kan jou templates edit en modify soos jy wil dan great vir jou maar 9 uit 10 web designers daar buite gebruik basic out of the box joomla. Nou vir die van julle daar buite wat nie verstaan wat ek bedoel nie kom ek gee jou gou n vinnge idee wat doem joomla. Om n joomlah website te create is dit so maklik as om n FREE template(en ja daar is miljoene free templates daar buite) te kies. hom te install en n basic changes te maak nou wat ek bedoel met die chnages is die "Web Designer" het n skerm waar hy net kies wat hy wil in sit en watse kluere hy wil verander so hy hoed nix van html, asp.net, php, javascrip en en en... As iemand rerag wou kan hulle van niks af hulself leer om joomla te doen in 'n week. So ja hier is die sad waarheid.... 1 Mense betaal duisende rande vir n joomla site wat die "Designers" amper niks kos nie en binne 2 dae kan klaar maak. 2. Joomla is templates en dis nou maar so as jy jou menu wil skyf moet jy n ander template kies en dis nou maar so(tensy soos ek gese het jy n php designer is wat meeste van hulle nie is nie)

2. Asb ouens center julle tables!!!! Ons almal kan sien op womf se site is alles mooi in die middel? nou hoekom gan jy tervrede daarmee wees as jou website nie ook so is nie? ons almal het al sulke sites gesien waar alles aan die linkerkant vas sit en nie grow soos die screen grow nie...

3. Hou op duisende rande betaal vir julle hosting!!! dit is nie so duur nie

Respond Share This Posted 26 May 2010 (201 Views)
ilove2

Rank 8.78

Stem saam met P3nut/Louis-vanTonder

"WEB DESIGNERS"

Dis amper onmoontlik vir die publiek om te weet wie is regtig web designers en wie is net 'web designers'. Die kennis van die publiek is te min. Daarom moet hulle eers navorsing moet doen oor die designer(s). Weereens, pasop vir fly-by-nights.


OPENSOURCE SAGTEWARE

Ongelukkig gaan niemand OpenSource kan keer nie. Sagteware soos Wordpress/Drupal/Joomla! sal nog baie lank beskikbaar wees. En voel vir die web design maatskappy wat nie die waarde hiervan sien nie. Ek gee hulle nog so 2 jaar, dan sal hulle deure ook sluit.
Elk van hierdie sagteware het sy voordele. En ek begin nou al hoe meer te sien (en verstaan) waarom mense nie meer wil betaal vir websites nie. Jy kan vinnig jou eie maak, sonder kostes.

Miskien moet ons eerder die publiek aanmoedig om hulle webtuistes net lewendig te kry. Sodra die eienaar sien dit werk sal hy/sy wel bereid wees om te betaal vir 'n designer se dienste om sy webtuiste nog beter te maak.
Dit wel hier waar programmeerders gaan geld maak. Maar gewone 'web designers' moet solank 'n tweede werk begin kry. Dis ongelukkig hoe dit is! Kom ons wag en kyk ...


WEBSITE HOSTING

Stem ook saam met hosting. Hosting behoort tussen R100 - R200 'n maand te kos vir 'n gewone 10 bladsy webtuiste. R50 per maand vir hosting is ook nog aanvaarbaar. Lees net die "fine print".


JOOMLA

P3nut, dit lyk nie of jy 'n groot ondersteuner is van Joomla! nie. Ek sal nogal graag wil weet waarom. Ek gebruik Joomla! nou al vir 3 jaar. En glo dis een van die beste CMS sagteware beskikbaar.
Ja, Joomla is verseker nie maklik om aan die begin te snap nie, maar sonder Joomla! sou ek 5 groot maatskappye se webtuistes nie onder R5 000 kon ontwerp nie.
Om jou eie CMS te skryf gaan duisende kos! En dan nog duisende as jy ekstra funksies benodig.

Nou waarom sal 'n besigheid dan duisende betaal vir iets wat reeds beskikbaar is? Dis mos net dom! Navorsing bewys dat mense nie werklik kan omgee oor design van 'n website meer nie. Dit gaan oor CONTENT!!
Google en ander search engines verstaan nie mooi prentjies en layout nie. Dit gaan oor content. Ek weet van webtuistes wat sleg ontwerp is wat beter rank as webtuistes wat R15 000 gekos het om te ontwerp.
Dit gaan oor hoe gereeld jy jou webtuiste met informasie vul. En hiervoor moet die eienaar maklik kan content laai. Ja, joomla is bietjie moeiliker, maar dis jou werk as designer om die klient die sisteem te leer.


Die debat oor Joomla! kan vir jare aangaan. Ek sal nie sommer noem dat Joomla! 'n duiwel is nie. Nie sonder goeie redes nie.
Onthou daar is duisende besighede daar buite wat Joomla! gebruik. Ons wil nie op iemand se tone trap nie, wil ons?

Maar, wie weet, oor 2 jaar bestaan hierdie sagteware dalk nie eers meer nie. Maar iets beters sal hulle plek neem. En ja, dit sal ook gratis beskikbaar wees.

Lank leef OPENSOURCE!

Posted 1 Jun 2010 by ilove2

p3nut

Rank 0

P3nut//Louis-vanTonder ??

Goeie werk Louis omdat iemand weer jou nie ja en amen nie neem jy aan dis die selfde persoon.... Nee ek is nie Louis van Tonder nie, naam is Meyer Stigling aangename kennis.

Kom laat ek begin en te se die post was nie om op iemand se tone te trap nie dis net n gevoel wat ek gehaat wat na hoeveel keer wat n huidige klient in die gat trap om vir iemand se mooi Joomla stories te val.

Dit was glad nie op jou gemik gewees nie, inteendeel dis n company in margate gewees wat hiedie uitbarsting moontlik gemaak het, maar as jy voel jy val onder dieselfde vaandel kan ek seker nie met jou stry nie.

Ek gaan dit vir jou so stel ons sit baie tyd en moeite in en ontwerk n site vir iemand CUSTOM en hulle gebruik hom fine maar dan kom iemand se pel en se nee nee wag ons kan dit vir jou doen en goedkoper en dan gebruik hulle joomal... of wat ook n paar keer gebeer jy ontwerp iets vir n skool hulle gebruik dit nie eers vir 6maande nie dan kom een of ander kind se ouer en hy se moenie warry nie ek sal dit doen. Nou verstaan my asb mooi ek is nie gepla as iemand my quote opweeg teen n Joomla quote en dan besluit om eerder daai rigting te gaan nie, my probleem is iemand wat n nice site gehaat het settle nou vir 2nd best net omdat hy eerder nou R500 wil betaal vir n hele joomla site as R1000 wil betaal vir n function om die selfde te doen. Kom ons weet meeste mense wat joomlah gebruik, gebruik dit om n gallery te mange? Nou ekt klaar my gallery engine geskryf en die koste sal nie te hoog vir so iets dan wees nie.

Oor die hosting... R100 vir linux hosting n maand is belaglik... As jy praat van ASP is dit n baie bellike prys. Bv ek bied my hosting teen R59/maand en dan bied ek my cliente 20 email accounts 1gig webspace en 10 gig traffic en soos ek se dis linux hosting en onlangs het ons n special an wat ons vir hulle n free one page website gee. n baie basic site maar vir iemand wat nie wil geld spandeer nie dis dit n goeie opsie net om hulle details op die web te sit.

more to come

Posted 2 Jun 2010 by p3nut

p3nut

Rank 0

en daars nog...

"Ek gebruik Joomla! nou al vir 3 jaar. En glo dis een van die beste CMS sagteware beskikbaar." Yes dit is verseker een van die beste al is dit nie die beste CMS system nie. Maar dis juis my punt dis n CMS system... Jy werk op iemand anders se werk... en soos wat en van my groot probleme was dat jy nie n stukkie HTML hoef te weet nie, maar ja jys n believer gaan nie met jou stry nie..

"Navorsing bewys dat mense nie werklik kan omgee oor design van 'n website meer nie. Dit gaan oor CONTENT!!" Hier bedoel jy hooplik die ou wat die website na kyk nie die company aan wie dit behoort nie want as dit anders is sal ek graag wil weet hoe jy dit reg kry om mense dit te oortuig want in die sirkels wat ek beweeg is dit vrek belangrik! Bv. Ontbytsake op kyknet is dit ontsettend belangrik vir hulle hoe hulle website lyk.

Ek gan jou los met hierdie idee... Om n uit jou bedplank vir jou kar n boot spoiler te maak is nie n goeie idee nie... AS is dit die gevoel van somminge mense.

Groete Meyer Stiglingh aka P3nut

Posted 2 Jun 2010 by p3nut

ilove2

Rank 8.78

Hello Meyer

Dis altyd lekker om met mense praat in ons bedryf.


Meyer, die volgende:


1. Kostes. Hierdie speel so 'n groot rol by besighede dat hulle sal vir die goedkoper kwotasie gaan.
Ek het op 'n tyd custom HTML/PHP websites design. En dit was nie meer koste effektief nie.
want almal gaan vir die goedkoopste kwotasie. En soos ons gesien het, wil mense nie eens meer betaal vir websites nie. Dit moet gratis wees.
Natuurlik sal daar nog 'n mark wees vir designers waar besighede wel 'n 'brand' het en betaal om die beeld korrek aanlyn te bemark.
Hierdie besighede is altyd lekker om mee te werk, want hulle verstaan waaroor dit gaan.

Maar vir die gewone klein besigheid daar buite ... nee wat, custom sal hulle nooit gebruik nie. Hulle verkies koste bo kwaliteit.
Dis seker maar waarom OpenSource begin is.

2. Content. Ons kan ongelukkig nie Ontbytsake op KykNet vergelyk met 'n klein besigheid nie. Natuurlik gaan Ontbytsake geld spandeer om hulle 'brand' netjies en konstant te hou. Ek praat van klein besighede wat wil net aanlyn wil kom. En dan is die volgende faktor natuurlik "ranking'.
Search Engines gee nie om oor design nie (hulle 'sien' dit nie raak nie). Dit gaan oor content. Ja, dit gaan ook oor die 'coding' in die agtergrond, maar al die OpenSource sagteware voldoen reeds hieraan (Page/Code Validation)


3. Hosting. Dis ook weer 'n ander een. Hier is besighede in Bloemfontein wat R200 vra 'n joomla website hosting. MAAR, hulle diens is van die beste. Ek betaal dit met 'n smile. Dan betaal jy R50 vir hosting en kry nooit diens by die mense nie of hulle is net nooit besikbaar nie.
So in 'n mate gaan dit ook maar oor 'you get what you pay for'.


Meyer, dankie vir die opinie. Bly ander mense gaan nou ook kan lees en verstaan waarmme ons designers sukkel in die bedryf.

Posted 3 Jun 2010 by ilove2

Respond

We have two main rules - please follow them, please respect them.

  1. Don't advertise
  2. Don't use defamatory comments

Please read our Terms & Conditions for more details on site policy.


Version: Weasles Ripped My Flesh
xTime: 0.0311
Users Online: 6222
x2: 1082.25 | 1082.35 Host ID: H5AB3-D7C0B1-B23828F865 Afrigator