Wedding Vehicle Services : HELP met woorde asb

Share your experience in this category Local Businesses in this Category

HELP met woorde asb

0 Up down Ek wil graag weet of enige iemand my kan help? Ek is op soek na bewoording vir my uitnodigings vir my troue, maar my ouers is geskei en my verloofde se pa is oorlede. Hoe hanteer ek dit sonder om ie Rating: 0 out of 100 0
Posted by:DOLLA1 Rating 0 0 `Blogger`

Ek wil graag weet of enige iemand my kan help?
Ek is op soek na bewoording vir my uitnodigings vir my troue, maar my ouers is geskei en my verloofde se pa is oorlede.
Hoe hanteer ek dit sonder om iemand in die gesig te vat?
Dis vir my baie belangrik dat niemand aanstoot moet neem nie.
Enige hulp sal waardeer word.

Dankie

(7030 Views)

Respond Share Report Abuse

Official Business Replies (0) ←

You need to be logged in as a business with a valid E-Lert account to make an official business response.

How to become an official business

User Responses

lauracorreia

HELP met woorde asb

0 Up down
Posted by: lauracorreia Rating 0 0 `Blogger`

Hi daar!

Ek trou ook Desember, en het nogal gewonder oor die kaartjies. My ouers is ook geskei en my ma is weer getroud, maar nie my pa nie. Ons gaan ook die kaartjies self maak. Ek het besluit om dan geensins die ouers se name te noem nie. Ek gaan net my en my verloofde se name op die kaartjie sit. Het onlangs ook so troukaartjie ontvang. Maar nou wil ek iets anders by julle hoor, en hoop ek julle het vir my raad daarmee. Ek wil weet wat is julle opinie van kinders by 'n troue? Volgens die spysenierings mense tel hulle as 'n kop, en word sodoende gereken as 'n volwassene, ongeag die hoeveelheid kos. Laat weet my maar wat julle van dit dink.

Foxychick

HELP met woorde asb

0 Up down
Posted by: Foxychick Rating 0 0 `Blogger`

In die nuwe bruidsgids 2008 sê hulle presies van die bewoording van geskeide ouers, as
die bruidspaar betaal vir die troue, tot as peetouers vir die troue betaal. Die boek is
beskikbaar by CNA vir so R60. Lauracorreia...ek dink nie dis nodig om kinders te nooi
nie. By al die troues waar ek by was was daar op die kaartjie gesê: Jammer geen kinders.

Velandra

HELP met woorde asb

0 Up down
Posted by: Velandra Rating 2 2 `Blogger`

Hi Chenna seker vind my epos en nommer aangeheg skakel gerus

Altpros

HELP met woorde asb

0 Up down
Posted by: Altpros Rating 0 0 `Blogger`

Kathleen Party Creations maak digitale uitnodigings. Die uitnodiging is op 'n gedrukte CD. Dit is interaktief op rekenaar met 'n e-pos funksie vir die RSVP. Vir die gaste wat nie 'n rekenaar het nie is daar ook 'n gedrukte uitnodiging binne. Vir die wat slegs 'n DVD speler het, die uitnodiging is ook 'n DVD.

Elke uitnodiging word volgens jou behoeftes geprogrameer met klank, fotos, video ens.

Kontak my vir besonderhede.

carinaschrier

HELP met woorde asb

0 Up down
Posted by: carinaschrier Rating 0 0 `Blogger`

Hi, ek trou ook in Sept, en voel presies dieselfde, oor mense wat se hulle kom en dan nooit opdaag nie. mens spaar lank, vir jou troudag om jou geld net so in die water te gooi, oor mense wat nie opdaag nie.

lheyns

HELP met woorde asb

0 Up down
Posted by: lheyns Rating 0 0 `Blogger`

SJoe dit lyk my ons is omtrent 'n klomp wat Sept trou! Ek trou ook in sept ons het reeds begin om die kaartjies self te maak. Aangesien dit so teen einde Junie moet uitgestuur word. My probleem is net dat my verloofde se familie geneig is om ongenooide gaste saam te sleep. So op my kaartjie het ek geskryf GEEN ONGENOOIDE GASTE SAL TOEGELAAT WORD NIE AGV BEPERKTE SITPLEKKE. Die kinders is welkom omrede my familie van ver af kom en hoe dan met die kinders gemaak?

Respond

We have three rules - please follow them, please respect them.

  1. Don't Advertise: businesses can talk to consumers, but not blatantly self-promote
  2. Be Nice: if you have a complaint, provide feedback to the business on how they can improve
  3. Comments considered defamatory will be removed

Please read our Terms & Conditions for more details on site policy.



WOMF
Give your Opinion Now
Active Users on line: 2211