Primary School : Tuisonderwys

Share your experience in this category Local Businesses in this Category

Tuisonderwys

0 Up down Ek oorweeg dalk tuisonderwys vir my kind huidiglik in Graad R. Het enigiemand inligting rondom dit. En of daar huidiglik 'n ondersteuningsgroep in Bloem is vir tuisonderwys ouers. Rating: 0 out of 100 0
Posted by:lydevents Rating 0 0 `Blogger`

Ek oorweeg dalk tuisonderwys vir my kind huidiglik in Graad R. Het enigiemand inligting rondom dit. En of daar huidiglik 'n ondersteuningsgroep in Bloem is vir tuisonderwys ouers.

(2227 Views)

Respond Share Report Abuse

Official Business Replies (0) ←

You need to be logged in as a business with a valid E-Lert account to make an official business response.

How to become an official business

User Responses

lolsacha

Is dit goed vir jou kind?

0 Up down
Posted by: lolsacha Rating 0 0 `Blogger`

Ek verstaan dat daar omstandighede is wat dit dalk noodsaak dat jy jou kind moet tuis onderrig! My persoonlike opinie is dat dit 'n groot onreg aan die kind is!!! Die kind leer nooit om te "interact" met kinders van sy/haar ouderdom nie! Daar is nie goed waarna die kind kan uit sien nie bv. Eerste dag skool toe, 'n skool konsert, maatjies van sy/haar eie ouderdom, sport, kultuur, laaste dag in die laerskool, hoërskool, Valentyns dans, matriek afskeid, skool sokkies die hele works!

Dink baie mooi voor julle dit oorweeg! Praat met jou kind en hoor wat hy/sy verkies. Miskien moet jy jou kind in die skool los tot hy/sy Hoërskool toe gaan en dan tuis onderrig oorweeg!

wilre2

Ek weet nie veel.....

0 Up down
Posted by: wilre2 Rating 12 12 `Helper`

van tuisonderwys nie, maar het gehoor dat die Dept Onderwys se nuwe regulasies rondom eksamens, probleme inhou vir kinders wat nie in die gewone skole is nie.
Ek wil voorstel dat jy hulle ook kontak voor jy 'n finale besluit neem.
As jy meer weet, wil jy nie ons klomp hier ook kom inlig nie?

Mushavi

Bekyk jou redes mooi

0 Up down
Posted by: Mushavi Rating 12 12 `Helper`

My suster het 'n babaseuntjie 15 jaar gelede aangeneem en kom toe later agter dat hy leerprobleme het en spesiale onderrig moes kry. Weens 'n gebrek aan 'n goeie skool in die omgewing het sy tuisonderwys begin toepas. Sy is self 'n gegradeerde onderwyseres. Die ding loop formeel, maar ek weet sy moet ontsaglike sefdissipline toepas en dit is nie maklik nie. Dit is 'n volwaardige voltydse job. Sy sukkel ook om die verhouding buite die gesinsverband te hou. Dan is daar nog die kwessie van sosiale omgang met ander kinders en die ervaring van die wrede realiteite van die lewe daar buite. Sy het nie 'n keuse vanwee sy spesiale omstandighede nie, maar as jou kind 'normaal" is, pasop om 'n goedgeleerde sosiaal versteurde oorbeskermde mens af te lewer. Kinders moet "street-wise' raak binne 'n gebalanseerde samelewing want dis waar hulle die res van hulle lewens gaan deurbring. Vul eerder sy leerproses aan met ekstra "tutoring" as dit jou probleem met die skool is. Kyk mooi na jou redes vir die besluit.

wilre2

Jy kan ook gaan kyk .....

0 Up down
Posted by: wilre2 Rating 12 12 `Helper`

op die website: www.kenweb.co.za

rolle

HET SELF 4 JAAR ONDERVINDING!!

0 Up down
Posted by: rolle Rating 0 0 `Blogger`

Ons bly op platteland waar skole onbegaanbaar is. Dus moes ons in graad 1 besluit of ons 'n kind van 7 uit die ouerhuis gaan neem - in 'n koshuis sit of tuisonderrig gaan doen. Tuisonderrig het gewen. My dogtertjie is tot graad 4 getuisskool - ek is nie 'n onderwyseres nie, het die Breinlynstelsel gevolg, sy het van graad een af eksamen geskryf, geleer om onafhanklik te werk, nie net op rekenaar maar net soos in 'n skool. Ons het Vrydae nooit skool gehad nie, praktiese dinge geoen. Tydens haar tuisskooljare het sy nooit onder 85% gekry nie, sy het ingestap in Oranje Meisieskool in Bloem - in die koshuis gebly, en nooit onder 85% gekry nie. MAAR dit wissel van kind tot kind. Jy sal baie aandag moet gee aan die sosiale interaksie asook spansportsoorte word nie eintlik gespeel nie. My kind was wel agter met hokkie-tegniek en atletiek-vaardighede ens. Daar is negatiewe en positiewe punte. Elke gesin se situasie verskil en dit kan wel goed werk, maar 'n mens kan ook baie foute maak. Praat met soveel as moontlik ouers wat dit doen en besluit of die probleme oorkom kan word in jou geval. Waar 'n wil is, is 'n weg! Sterkte!

Annatjie123

Gaan kyk op

0 Up down
Posted by: Annatjie123 Rating 0 0 `Blogger`

www.brainline.com daar sal jy al die inligting kry. My niggie het al haar kinders tuisonderig deur hulle gegee. Jy kan vir hulle e-mail as daar enige iets is waaroor jy onseker is. Ek oorweeg dit ook omdat ons redelik ver van die skole afbly en die petrol prys so hoog is.

Respond

We have three rules - please follow them, please respect them.

  1. Don't Advertise: businesses can talk to consumers, but not blatantly self-promote
  2. Be Nice: if you have a complaint, provide feedback to the business on how they can improve
  3. Comments considered defamatory will be removed

Please read our Terms & Conditions for more details on site policy.



WOMF
Give your Opinion Now
Active Users on line: 1187