Legal Services : Waarvoor kan ek als dagvaar

Share your experience in this category Local Businesses in this Category

Waarvoor kan ek als dagvaar

0 Up down Hallo almal, hart nog seer, maar as dit draai dat ek moet skei, waarvoor mag ek als dagvaar? O ja, hier's my storie: http://centralsa.womf.com/93384/Skei-en-wat-als-dagvaar Ek het gehoor va Rating: 0 out of 100 0
Posted by:Sagte-man Rating 0 0 `Blogger`

Hallo almal,
hart nog seer, maar as dit draai dat ek moet skei,
waarvoor mag ek als dagvaar?


O ja, hier's my storie:
http://centralsa.womf.com/93384/Skei-en-wat-als-dagvaar

Ek het gehoor van:
1. egbreek
2. iets van verhoudings by werk as werkgewer weet daarvan
3. koste van skei saak
4. kinders

Nou wil ek ook graag weet watse regte het ek as pa?
- Is daar moontlikheid dat ek my kinders kan kry, wil so graag.
- Wat moet ek als bewys en hoe?
- waarvoor en hoeveel mag ek als dagvaar?

asb asb asb
help asb

(3514 Views)

Respond Share Report Abuse

Official Business Replies (0) ←

You need to be logged in as a business with a valid E-Lert account to make an official business response.

How to become an official business

User Responses

Ciska

Dagvaar

0 Up down
Posted by: Ciska Rating 0 0 `Blogger`

Kry vir jou 'n goeie prokerower en hy sal jou mooi vertel waarvoor jy alles kan dagvaar. Ek hoop dit gaan gou beter met jou, en moet asseblief tog nie weer probeer terwyl sy nog daar werk nie. Ek hoop jy kan jou kinders kry, jy sal maar moet prokerower toe.

marguerete06

Prokureur

0 Up down
Posted by: marguerete06 Rating 23 23 `Helper`

Kontak Mnr Vermaak by Vermaak en Dennis - hy is uitstekend.


Voor jy skei, kry hulp of probeer red wat jy kan. Skei is aaklig, kinders kry baie swaar en niemand wen op die einde nie. Alleen wees is ook nie lekker nie - die gras is nie groener aan die ander kant nie. Dalk kan jul die saak red ?

Maar as jul by omdraai verby is , moet jy jouself begin verhard. Sentiment het nou nie meer n plek nie. Nou is dit besigheid.

Sterkte vir jul almal

aceter101

Wens

0 Up down
Posted by: aceter101 Rating 0 0 `Blogger`

Ek wens dat ek dieselfde van die firma kan sê as jy, maar ek kan regtig nie, ek was weer baie terleurgesteld in hulle diens

ribbekas

TYD VIR WRAAK.....

0 Up down
Posted by: ribbekas Rating 2 2 `Blogger`

Ek voel jammer vir jou.
Ek is nie 'n prokureur nie, maar is al deur dieselfde.

Kyk vir bewyse - sms'e, klere, foto's of as jy moet, kry iemand om jou vrou te agtervolg.
Moenie getroud bly vir jou kinders se onthalwe nie, hulle verdien geluk, nie 'n stryery en bakleiery nie. Jy sal regtig hard moet probeer om volle regte op jou kinders te kry. Jou vrou moet of nie vir hulle kan sorg nie, of geen inkomste he nie - weereens bewyse.
Ja, jy kan die 3de persoon dagvaar vir egbreuk, en jou vrou kan jy dagvaar vir alle onkostes aangaande die skeisaak - jy het inteendeel tog nie 'n skeisaak op jou budget ingewerk nie? Maar al die dagvaardigings kos verskriklik baie geld en duur maande.
Let op na jou voorhuwelikse kontrak - wat alles daarin aangeteken is. Let op hoe julle getroud is, dit bepaal baie dinge. As julle tesame eiendom het, moet dit verkoop word en winste moet gedeel word. Kry 2 opinies op waardasies van die eiendom vir veiligheid.
Let op na op wie se naam is die kar bv. sy sal heelwaarskynlik aanspraak maak op die voertuig, maar sy moet self die oordrag van eienaarskap betaal.
Let op na jou onderhoud ook, jou regte om wanneer jy die kinders mag sien - naweke / vakansies. Hou alle uitgawes wat jy ekstra aangaan vir die kinders (verkieslik daar waar sy dit nie kan bykom nie) Maak seker dat sy strokies en bewyse toon van wat sy met die onderhoud doen - gewoontlik gaan dit vir make-up of iets jy weet,,,,
Oh, en as sy werk het, kan sy nie vir haarself onderhoud aanvra nie.
Kyk na jou kinders se onkostes op skool en medies - verdeel dit in die helfte - sy moet ook 'n bydrae maak.
As jy besluit om te skei, kry jou kinders by 'n kindersielkundige - dis regtig belangrik, weet nie hoe oud hulle is nie, maar enige iets van 5 af, beinvloed 'n eigskeiding 'n kind baie. Lida v Zyl is bitter goed.
Jy kan vir die tydperk wat jy getroud was, haar dagvaar vir die helfde van haar pension by haar werk.

Onthou, daar is altyd lig aan die einde van die tonnel......

soulreaver

Privaat E-mails by haar werk

0 Up down
Posted by: soulreaver Rating 0 0 `Blogger`

Hallo

Ek wil net weet asof ek my vrou se privaat E-mails mag trek by die werk en as hulle dit nie wil gee nie wat staan my te doen

henri44777

egbreek

0 Up down
Posted by: henri44777 Rating 0 0 `Blogger`

ek het raad nodig. ek wil weet op watter dronde en wette kan ek my vrou wie ek besig om te skei omdat sy egbreek gepleeg het met n ander man en hul my huweluk laat verbrokkel het. ons kind bly darm by my. ek wil hul dagvaar. vir wat en waarvoor? raad op watter wette ek hul kan aan vat.

Respond

We have three rules - please follow them, please respect them.

  1. Don't Advertise: businesses can talk to consumers, but not blatantly self-promote
  2. Be Nice: if you have a complaint, provide feedback to the business on how they can improve
  3. Comments considered defamatory will be removed

Please read our Terms & Conditions for more details on site policy.



WOMF
Give your Opinion Now
Active Users on line: 3259