Stuff, Anything & Everything : Boer soek 'n vrou
Share your experience in this category Local Businesses in this CategoryBoer soek 'n vrou
Posted by:pandora Rating 19 19 `Helper`Weet nie hoekom hou hulle nie sommer 'n vandisie nie of 'n mark soos in die Oosterse lande nie. Al wat nog kortkom by BSV is 'n ondersoek van die vrou se tande.
Wat my rêrig onderkry is die veglustigheid onder die vroue en huilerige boere. 'n Teenpool is natuurlik die arrogansie! Een van hulle het sulke hangwange soos 'n ou Ford se flappe, "knock knees" en 'n borskas wat 'n hangkas geword het. 'n Mooi persoonlikheid kan seker opmaak vir baie dinge.....maar ook nie vir alles nie.
Official Business Replies (0) ←
You need to be logged in as a business with a valid E-Lert account to make an official business response.
How to become an official business
User Responses
Soms
Posted by: Harley Rating 26 26 `Influencer`Posted 16 Nov 2011
raak mens dalk op so program verlief op die liefde... of die idee van die liefde... ek het nie baie gekyk nie, maar dit bly interessant om in 'n realiteitsprogram te sien hoe mense reageer...Survival van ego's en emosies...of bloot "entertainment"...weet nie...het maar my bedenkinge, maar iets wat my nou glad nie aanstaan nie, is Kim Kardashian se storie...om 'n "gesponserde" troue van byna R80 miljoen te hê en 72 dae daarna te skei en te erken dat dit 'n klug was..."'n reklame foefie"...takel vir my die erns van die huwelik so bietjie af...
B V P
Posted by: marguerete06 Rating 23 23 `Helper`Posted 16 Nov 2011
Boer soek n Vrou en Been voor Paaltjie klink vir my na dieselfde "penalty" !
Hierdie is die eerste reeks waarna ek kyk en ek is vreeslik op hoogte en in diepte ondersoeke !
Ek weet wie al verloof is, wie nou vreeslik verlief is, maar op hierdie dag en datum nie meer saam is nie.
Ek weet wie se katnaels skerp gemaak is, wie haarstukke gedra het, wie gehoop het hulle is DIE EEN en nou moerakkig is omdat hulle nie is nie. Ek lag nou nog vir die een wat vertel het dat sy en haar Boer sommer net dadelik gekliek het en n spesiale konneksie het..en die oomblik toe sy terug gestuur word Baai toe, vertel sy dadelik dat sy geweet het " iets is af aan hom".
Ek weet dat die klousule van "Jy praat nie uit voor die reeks nie klaar is nie"...net vir sommiges geld.
Ek weet dat boesemvriendinne buite die reeks, nou saam gif saai vir die "verontregtes".
Ek dink daar gaan nog maande lank tydskrifte verkoop word..."Hier is die regte storie van wat op die plaas gebeur het ! "
Onthou julle dat ou Flip ook maar uitmekaar geskeur was met vorige reeks..hy is suinig..die huis is armoedig..daar was n ander vrou...Nou is almal SO bly dat Flip sy Trouvrou gekry het !
Wie volg die skrywes en moddersmeerdery..is dit net modder..I think not...op Facebook ? Die vrouens val mekaar persoonlik aan tot diep in die nag. Die een meisie huil te veel, die ander een se ooghare is nie lekker nie, die een is te dik..daai is te jonk, te oud, te dit , te dat. Of mens kan sien "sy" is geld gewoond...excuse me...daar is nie eers n sitkamerstel of n ou matjie op die teëlvloer nie !
Ons sien net dele..ons sien nie die hele prentjie of storie nie. Sinsnedes uit n gesprek, wat n hele nuwe betekenis aan die storie gee..en die program gewild maak !
So what as Gert huil..dis vir my mooi. Ha ha...daar is mans wat Bas en Eon se nommers soek...daar is baie mans wat Alicia se kontak besonderhede soek...tannies wat dink dat Leonie darem ook oulik was..kritiek op die familie en vriende !
Johan is te oud om net enetjie te vat vir die storie se onthalwe. Hy het n LYS name en nommers wat hom die volgende 2 jaar gaan besig hou. En as daar hope gruwelverhale uitkom oor hom..die een van die ex en die stroper...of die binneboud vattery...daar is BAIE vrouens wat hom nog sterk soek !
O ja, en onse Rian wat nou by Jacaranda 94.5 is..het gisteraand sommer die storie op die lug gehad !
Hoeveel meer advertensie wil Johan en Boer soek n Vrou hê ?
Dit gons en dit vry dat die spoeg spat...op die einde van die dag..soek almal n "maatjie".
Mag elkeen n opregte, spesiale liefde vind en n mooi Kersfees hê...intussen kyk ons bankvas na die verwikkelinge !
FBI of CSI of KGB?
Posted by: pandora Rating 19 19 `Helper`Posted 17 Nov 2011
Margu, you have my attention! Niks soos om 'n bietjie vuil wasgoed op 'n Donderdag te laat wapper nie. Vertel klaar man! Jy is nou soos 'n wynproe, gee bietjies bietjies van die proe en dan kan 'n mens net spoel en nie sluk nie.
Maar vertel eers vir my is dit FBI (FaceBookInformation) of CSI (CentralSourceInformation) of KGB (KleinBietjieGrootpraat) wat vir ons die lipklap lekker gee?
Ja, selfvertroue is ook 'n gawe ding sien ek op die BSV, maar ai as mens se tong so lank is van die selfvertroue, gaan dit een of ander tyd 'n raps gee met die intrek daarvan.
Kan dalk net soos BVP wees maar almal kan sien hoekom iemand wat in is uit is en iemand wat uit is in. Die Boetas wat so huil was dalk oulik jare gelede wanneer hulle in daardie staat van hartseer was as hulle nie alles kon kry wat hulle se oë gesien het nie, my vermoede is dat die spesie se motivering om te huil min verander oor die jare.
En so waar Harley, die liefde is 'n mooi ding - veral wanneer dit eg, spontaan en sonder bemarking plaasvind en wanneer dit onverklaarbaar is soos die raaisel in 'n spieël om eendag verstaan te word, wanneer jy besef dit gaan nie oor die self, die fisieke, die monitêre of enige iets wat van 'n mens 'n klinkende simbaal maak nie, eendag wanneer mens verstaan wat kaalvoet en naakte liefde is.
I rest my case
Posted by: pandora Rating 19 19 `Helper`Posted 18 Nov 2011
http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Nous-dit-Boer-soek-n-hou-20111117
http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/A-nee-a-se-boer-se-3-girls-20111117
You rest your case..your Blue Case ?
Posted by: marguerete06 Rating 23 23 `Helper`Posted 18 Nov 2011
Nee wat, Pandora...a lady never tells...
Hoe sal ek nou persoonlike inligting ..uit die perd se bek...my informante ontbloot ? Is daar nie reeds te veel gisteraand ontbloot nie ?
The moving finger ..having writ....
Dis so maklik om iets uit konteks aan te haal en heel ander prentjie weer te gee.
"Body language" gee ook heel wat weg...
Bas was gisteraand heel gemaklik ...lekker oop gesit en heerlik gesels. Maar hy is geteer en veer oor wat hy vertel en nie vertel nie !
Gert se Liefie is skaam en inkennig..maar toe sy net te veel van Bas goed praat...is die Kalf in die Put....
Die Spa was vir my een te veel..ek sou nie wou hê dat die wêreld moet sien hoe my bra straps rooi hale gemaak het nie...ek sou nie my wit japon moes uittrek voor hom of haar as ons mekaar nie al "beter" geken het nie..ek sou nie op my Pokkelpensie wou lê en kamera wys vir die kykers hoe ons daar in ons glorie lê nie.
Die Borrelbad het ook nie in my opinie goed afgeloop nie...takes two to Tango !
Your Honour...Chris de Burgh het gesing....the case "lies" before me...
Any more closing statements ?
My
Posted by: Harley Rating 26 26 `Influencer`Posted 18 Nov 2011
"case" sit ek sommer so langs joune... nou toe nou...
Ek wonder ook hoe desperaat mens is vir aandag as jy 'n "girl" is en inskryf vir so storie om sommer so in die publiek die vrywerk op Nasionale Televisie te doen... ek verstaan die boere werk hard en kom nie eintlik by 'n sosiale lewe uit nie...of saal ek nou weer die perd op... nee wat...mens behou darem jou waardigheid en bly uit so geveg uit...vir realiteits televisie, was dit vir my heel goed, maar om agterna klippe te gooi, is nie mooi nie...mens het darem tog jou trots ook en dit doen die reeks skade...of dalk dink hulle dat enige publisiteit, "goeie" publisiteit is...
Respond
We have three rules - please follow them, please respect them.
- Don't Advertise: businesses can talk to consumers, but not blatantly self-promote
- Be Nice: if you have a complaint, provide feedback to the business on how they can improve
- Comments considered defamatory will be removed
Please read our Terms & Conditions for more details on site policy.
